Kleinoqis Namaqua Experience https://kleinoqis.com Tours & Restaurant Mon, 23 Feb 2026 02:15:01 +0000 en-US hourly 1 https://kleinoqis.com/wp-content/uploads/2026/02/cropped-Klein-Oqis-Logo-Andrew-Cloete-32x32.jpg Kleinoqis Namaqua Experience https://kleinoqis.com 32 32 Exploring Namaqualand with KleinOqis https://kleinoqis.com/exploring-the-namaqua/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=exploring-the-namaqua Fri, 20 Feb 2026 04:00:00 +0000 https://togo.uxper.co/?p=3078
Die Wonder van ’n Keuse
 
Die wonder van ’n keuse
is nie iets wat jy leer nie —
dit is iets wat ingebou is deur God.
Soos asem in jou longe,
soos lig wat deur ’n kraak breek,
so dra jy die vermoë om te kies
selfs wanneer alles stil voel.
Miskien het jy laas jaar
’n belofte aan jouself gemaak
en dinge het nie geloop soos jy gehoop het nie.
Drome het gestruikel.
Tyd het swaar geraak.
Maar luister mooi:
daar is nog groei.
Jy is nog in die tel.
Jy is nie uitgetel nie.
Elke oggend wat jy wakker word
is ’n fluistering van genade —
God het jou nog ’n jaar uitgespaar.
Nie om te bly waar jy was nie,
maar om weer te kies.
Om groter te dink as vrees.
Dieper as teleurstelling.
Hoër as gister.
Maak jou keuse —
nie klein, nie versigtig, nie halfpad nie —
maak dit groot.
Want God het reeds syne gemaak
toe Hy jou nog hier gelos het.

klienoqis.com

]]>